On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Minister gaan beslis oor Gupta-kontrak in VS

───   CATHY DLODLO 11:37 Fri, 09 Mar 2018

Minister gaan beslis oor Gupta-kontrak in VS | News Article
Aaron Motsoaledi

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid wag vir ‘n besluit deur Gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, oor die toekoms van ‘n omstrede multi-miljoenrandse kontrak vir mobiele klinieke met Mediosa wat bande het met die Gupta-familie.


Woordvoerder van die departement, Mondli Mvambi, sê die LUR en die hoof van die provinsiale departement is in gesprek met Motsoaledi oor ‘n beslissing oor die kontrak. Dieselfde tipe kontrakte is aan dié maatskappy in Noordwes en Vrystaat toegeken. Dit het media-opskrifte gehaal nadat dit bekend geword het dat die maatskappy sowat R30 miljoen in Noordwes en R10 miljoen in die Vrystaat ontvang het voordat hulle ‘n steek werk verrig het. OFM-nuus se Cathy Dlodlo berig dat Motsoaledi hom sterk teen die kontrakte uitgespreek het en die kontrakte as ‘n geldmaakskema afgemaak het.

Die woordvoerder van die departement het die voorafbetaling van R10 miljoen bevestig, maar gesê dat dié geld die maatskappy se uitgawes moes dek nadat die departement reeds die tenderprosedure in September 2015 begin het. ‘n Kontrak is die volgende maand toegeken, maar die departement was nie gereed om met die projek af te skop nie. Die maatskappy het glo voortgegaan om uitgawes aan te gaan en diens te lewer. Die betaling het toe eers in April 2016 geskied. OFM-nuus wag nou op ‘n antwoord van die departement oor gerugte dat die maatskappy nog nie sy werkers betaal het nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.