On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

OB moes vrae antwoord oor betrokkenheid van politici by #Vrede se suiwelprojek

───   CATHY DLODLO 15:33 Wed, 07 Mar 2018

OB moes vrae antwoord oor betrokkenheid van politici by #Vrede se suiwelprojek | News Article
Busisiwe Mkhwebane

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê alhoewel die Vrystaatse Uitvoerende Raad besluit het om met die omstrede multi-miljoenrandse Vrede-suiwelprojek voort te gaan is die projek deur amptenary van die provinsiale landboudepartement gedryf.


Sy sê volgens dokumente het die hoof van dié departement, Peter Thabethe, hoofsaaklik die projek gedryf. Thabethe het reeds in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn op onder meer klagtes van geldwassery, korrupsie en bedrog. 

Die projek het media-opskrifte gehaal nadat dit met #GuptaLeaks bekend geword het dat miljoene rande wat van die projek gemelk is, vir die Gupta-familietroue in Sun City betaal het. Mkhwebane moes gister te midde van ‘n oproep vir haar bedanking - deur Corruption Watch – vrae oor die Vrede-suiwelverslag in die Parlement antwoord. Sy het voor die Portefeuljekomitee vir Justisie en Korrektiewe Dienste verskyn. Mkhwebane het getuig dat daar geen vingers na politieke rolspelers gewys kan word nie.

Op ‘n vraag oor hoekom daar nie gefokus word op die amptenary en die politieke hoofde nie, soos die premier en die voormalige LUR Mosebensi Zwane, het Mkhwebane gesê alhoewel die kontrak vir die projek in die premier se kantoor opgestel en onderteken is, en die goedgekeuring van die projek deur die provinsiale uitvoerende raad gedoen is, kan daar geen ander bewyse vir hulle betrokkenheid gevind word nie. 

Sy het aangedui dat die aspek ook nie deel van die ondersoek was nie. Mkhwebane het ook gereageer op vrae oor hoekom sy die verslag stilletjies vrygestel het in plaas van tydens ‘n mediakonferensie. Sy het gesê dat dit haar besluit is hoe om ‘n verslag bekend te stel. 

Die DA het reeds aangedui dat die verslag in die hof gaan draai as gevolg van hulle hersieningsaansoek.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.