On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Passie ingebore by Jong Boer van die Jaar 2018

───   JOSCA HUMAN 09:20 Fri, 13 Apr 2018

Passie ingebore by Jong Boer van die Jaar 2018 | News Article
PHOTO: Josca Human

Vrystaat Landbou het gisteraand sy 2018 Jong Boer van die Jaar op ‘n gala-dinee by Monte Bello Estate buite Bloemfontein aangekondig.


Die 37-jarige Nelius Ferreira is as die wenner aangekondig. Ferreira boer onder meer met Bonsmaras op die plaas Grootdraai naby Harrismith. Hy het aan OFM-nuus gesê hy het nie verwag om te wen nie, maar die erkenning is goed vir sy toekoms in boerdery.

 

Ferreira sê een van die daaglikse uitdagings in landbou is die weer. Mense moet daarom ‘n passie hê vir wat hulle doen.

 

Om in te skryf, moes boere tussen die ouderdomme van 18 en 40 wees.  Een van die pryse waarmee die wenner vanjaar beloon is, is ‘n oorsese reis. Afdelings waarop hulle beoordeel  was, sluit onder meer in toekomsbeeld, begroting en finansies, produksie, bemarking en gemeenskapsbetrokkendheid. Die belangrikste maatstawwe is bestuursfilosofie en hoe tegniese vaardighede aangewend word om dit toe te pas. Die vier finaliste was, Hendrik Theron, Reece Dedwith,  Wessel Hattingh en  Nelius Ferreira.        


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.