On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Aanlyn Wagyu-veiling 'n sukses

───   MARK STEENBOK 11:05 Sun, 15 Apr 2018

Aanlyn Wagyu-veiling 'n sukses | News Article
Foto: Wikipedia

Die duurste lot by gister se Woodview-Wagyu-veiling het vir ongeveer R440 000 gegaan.


Dit, volgens beesboer Brian Angus van Woodview by Arlington.

Hy het aan OFM-nuus gesê dat daar in totaal 120 Wagyu’s op die veiling verkoop is.

Wat dié veiling uniek gemaak het, was dat kopers van enige plek in die wêreld oor die internet kon deelneem en koop.

Dit was ook die eerste volwaardige aanlyn-beesveiling in die land.

Die veiling is voorafgegaan deur ’n Wagyu-inligtingsdag waar  internasionale en plaaslike kundiges boere se vrae oor die Wagyu-ras kon beantwoord.

Angus sê die toekoms van die ras lyk goed.

“Daar is ‘n groot aanvraag vir Wagyu en die mark lyk goed. Ek dink daar gaan meer Wagyu veilings plaasvind, ek sal sal elke een hou. Daar is baie mense wat nou begin, veral jou besigheids mense. Mense wat in wild geboer het, stel nou belang in die Wagyu,” sê Angus.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.