On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

#BloemRobberies: Vermeende rowers, waaronder ‘n vrou, agter tralies ná twee rooftogte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:19 Mon, 16 Apr 2018

#BloemRobberies: Vermeende rowers, waaronder ‘n vrou, agter tralies ná twee rooftogte | News Article

Die polisie in Bloemfontein het bevestig dat 'n groep vermeende rowers, waaronder 'n vrou, vanoggend in hegtenis geneem is nadat 'n hotel in Heidedal in die vroeë oggendure beroof is.


Polisiewoordvoerder, Sinah Mpakane, sê ses mans en 'n vrou is aangekeer ná die rooftog kort ná middernag.

Volgens haar word dieselfde groep rowers vermoedelik verbind met nóg 'n rooftog in die stad wat Saterdag vroegoggend plaasgevind het. Mpakane sê meer inligting sal volg.

Na wat verneem word, het twee mans, wat gewapen was, Saterdag omstreeks 04:00 die vulstasie in Navalsig se winkel binnegestorm. Hulle het geld geëis, waarna hulle na bewering in ‘n wit motor op die vlug geslaan het.

'n Onbekende bedrag geld en sigarette is gebuit.

Dieselfde wit motor wat na bewering by die vulstasie-rooftog en vanoggend by die rooftog by die hotel gebruik is, is later deur polisielede by ‘n huis in Bloemside gekry. Daar word verneem dat vyf mans die hotel binnegestorm het, terwyl twee verdagtes, waaronder die vrou, buite gewag het. Van die verdagtes het in ‘n minibus en in die wit motor gespring en weggejaag.

Die polisie het vinnig gereageer. Inligting is ná die rooftog opgevolg waarna die minibus later voorgekeer is. Twee mans is aangekeer. Die res van die verdagtes is by die Bloemside-huis in hegtenis geneem.

Volgens inligting is van die beweerde gesteelde goedere, wat in albei rooftogte gebuit is, in die minibus asook in dié huis gevind.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.