On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Miljoene glo geskuld in #VSskoolkrisis

───   JOSCA HUMAN 11:24 Wed, 18 Apr 2018

Miljoene glo geskuld in #VSskoolkrisis | News Article

Die Vrystaatse Onderwysdepartement skuld skole miljoene rande van 2017 se laaste kwartaal af, asook vir die eerste kwartaal van 2018.


Adjunk- uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), Jaco Deacon, sê alle skole in die Vrystaat word daardeur geraak. Hierdie gelde wat die staat aan skole moet oorbetaal, is bedoel om die basiese uitgawes soos water, elektrisiteit en skryfbehoeftes te kan betaal. 

Deacon sê Fedsas het reeds ‘n finale aanmaning vir die departement gestuur waarop hulle nog nie gereageer het nie. ‘n Hofgeding is begin. Die departement het tot môre om die aansoek teen te staan, waarna hulle op 3 Mei in die hof moet verskyn.

Deacon sê die skole wat die ergste geraak is, is die skole wat nie mag skoolgeld vra nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.