On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Stadsbestuurder maan ontstoke Heidedal-inwoners tot kalmte

───   MARK STEENBOK 10:59 Thu, 19 Apr 2018

Stadsbestuurder maan ontstoke Heidedal-inwoners tot kalmte | News Article
FOTO: Mark Steenbok

Ontstoke lede van die Heidedal-gemeenskap in Bloemfontein is pas deur die Stadsbestuurder van die Mangaung Metro, Tankiso Mea, toegespreek.


Dit kom nadat inwoners weens 'n gebrek aan grond begin betoog het en vroeër die week gedreig het om huisies op private eiendom op te rig. 

Mea het die gemeenskap aangeraai om 'n komitee te stig wat saam met die munisipaliteit sal werk om die behuisingskwessie aan te spreek. Gemeenskapslede hou egter voet by stuk dat dit nie politieke aangeleentheid is nie en dat hulle veg vir 'n stukkie grond. 

Verskeie paaie in dié woonbuurt is ook vanoggend met klippe en brandende bande versper, wat tot verkeersontwrigting gelei het. Witherowweg is steeds vir verkeer gesluit. 

Daar heers ook 'n streng polisieteenwoordigheid terwyl Mea gemeenskapslede vra om kalm te bly om die pad vorentoe vreedsaam te bepaal.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.