On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Sekuriteitswagte in Klerksdorp beroof: een dood, twee beseer

───   MARK STEENBOK 14:13 Thu, 19 Apr 2018

Sekuriteitswagte in Klerksdorp beroof: een dood, twee beseer | News Article

Die Valke in Noordwes het bevestig dat ‘n geldwa vroeër in Klerksdorp van ‘n onbekende bedrag geld beroof is.


Valke-woordvoerder, Tlangelani Rikhotso, het aan OFM-nuus gesê dat ‘n sekuriteitswag in die proses doodgeskiet is, terwyl nog twee mense beserings opgedoen het. 

Dit, nadat ‘n skietery uitgebreek het. Die onbekende getal verdagtes het later in ‘n wit bakkie gevlug. 

Rikhotso sê lede van die Valke is tans op die toneel om ondersoek in te stel, en nog min inligting is op hierdie stadium bekend.  


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.