On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

247 vas in die NW, oor net twee dae

───   09:07 Sat, 23 Jun 2018

247 vas in die NW, oor net twee dae | News Article
Photo: Supplied

Altesaam 247 verdagtes wat verbind kan word met verskeie misdade in Noordwes is dié week tussen Woensdag en Donderdag in hegtenis geneem.


Woordvoerder van die polisie, Amanda Funani, sê die verdagtes is in onder meer Klerksdorp, Brits en Rustenburg in hegtenis geneem. Volgens Funani is meer as 105 verdagtes vas vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, altesaam 19 vir verkragting, 17 vir opsetlike beskadiging aan eiendom, 25 vir besigheidsroof en talle vir die oortreding van ? beskermingsbevel. 

Talle ander is vir algemene roof en geweld teen vroue en kinders in hegtenis geneem. 

Funani het in 'n verklaring gesê die meeste van die verdagtes het reeds voor verskillende howe in die provinsie verskyn. Provinsiale polisiekommissaris, Baile Motswenyane, het die polisie geloof vir dié inhegtenisnemings. 

Motswenyane sê sulke optrede van die polisie sal ? boodskap aan misdadigers stuur dat die lang arm van die gereg skuldiges áltyd inhaal.


Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.