On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Polisie monitor situasie in Bronville by Welkom

───   MARK STEENBOK 16:25 Mon, 23 Jul 2018

Polisie monitor situasie in Bronville by Welkom  | News Article

Die situasie in Bronville by Welkom bly gespanne, maar kalm nadat honderde gemeenskapslede as gevolg van diensleweringskwessies begin betoog het.


Polisiewoordvoerder, Malebo Khosana, sê ongeveer 500 gemeenskapslede het vroeër vandag onder meer die R73 na Virginia met brandende bande versper terwyl winkels wat aan buitelanders behoort, geplunder is. 

Inwoners is glo ongelukkig omdat hulle al vir etlike dae sonder elektrisiteit gelaat is. Khosana het verder aan OFM-nuus gesê dat nog niemand in hegtenis geneem is nie en dat die polisie tans die situasie monitor.

“Ons lede kon die hoofpad wat na Bronville lei, weer oopmaak vir die verkeer. Die polisie is steeds in die gebied ontplooi en nog niemand is in hegtenis geneem nie. Ons verwag egter dat die polisie gou arrestasies gaan doen."


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.