On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Bloemfontein sersant uit op borg

───   MARK STEENBOK 17:15 Mon, 20 Aug 2018

Bloemfontein sersant uit op borg | News Article
Photo: Supplied

‘n Lid van die polisie se K9-eenheid is Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof op borgtog van R1000 vrygelaat.


Sersant Jacques September is Vrydag op ‘n aanklagte van regsverydeling inhegtenis geneem nadat hy geweier het dat sy taxi-voertuig deur ‘n verkeersbeampte in beslag geneem word. 

Die drywer van die voertuig is ongeveer 17:00 afgetrek, nadat hy glo nie by ‘n rooi verkeerslig in St Andrew straat gestop het nie.

Volgens polisiewoordvoerder, Thabo Cuvane, is die drywer en die verkeersbeampte daarna na die verkeers kantore, in die area, toe. 

Cuvane sê ‘n interne departementele ondersoek is ook reeds van stapel gestuur. 

Die Provinsiale Polisie Kommassaris Moeketsi Sempe het vroeër die insident wyd veroordeel en sê niemand is bo die wet verhewe nie.

September sal na verwagting weer op 19 Septmeber in die hof verskyn nadat die saak vir verdere ondersoek uitgestel is.


OFM-nuus  

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.