On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Polisiewaghond verwys tientalle sake in Sentraal SA

───   CATHY DLODLO 11:50 Fri, 14 Sep 2018

Polisiewaghond verwys tientalle sake in Sentraal SA | News Article

Die polisiewaghond, die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD), het tientalle sake teen polisiebeamptes in Sentraal Suid-Afrika na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys.


Volgens ‘n voorlegging aan die Portefeuljekomitee vir Polisie in die parlement, is altesaam 126 sake teen polisiebeamptes in die eerste kwartaal van die 2018/19-boekjaar afgehandel. Dié sake is toe na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys vir ‘n besluit oor vervolging. Die meeste van dié sake, naamlik 48, is in die Vrystaat en dieselfde getal is in die Noord-Kaap teen die polisie aanhangig gemaak.

Dertig sake is teen Noordwes-polisiebeamptes ondersoek. Die meerdeheid klagte in Sentraal Suid-Afrika wat aanhangig gemaak en ondersoek is, is in verband met aanranding en marteling en in vier sake is mense dood as gevolg van polisie-optrede. Vier sake van verkragting teen polisiebeamptes in die Vrystaat en Noord-Kaap is ook verwys, terwyl ander sake die afvuur van ‘n amptelike vuurwapen behels.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.