On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Een dood in #NW botsing reg van voor

───   JOSCA HUMAN 09:00 Mon, 15 Oct 2018

Een dood in #NW botsing reg van voor | News Article
File image

Een persoon is Maandagoggend dood toe 'n motor en 'n bakkie op die N14, 7km van Sannieshof op die Biesiesvlei pad in Noord-Wes, in 'n botsing reg-van-voor betrokke was.


Volgens polisie woordvoerder, Sam Tselenyane, het die bestuurder van die motor na bewering 'n vragmotor verbygesteek, toe hy teen die aankomende bakkie gebots het. 

Die bakkie het glo nog 'n voertuig gesleep, en die bestuurder van die motor is opslag dood. Tselenyane sê nog 'n bakkie is in die voorval betrokke, maar hoe presies dit betrokke was, moet nog bepaal word. 

Owerhede het reeds die toneel opgeruim en die pad is oop vir verkeer, en OFM-nuus wag nog op inligting rakende die ander mense wat in die ongeluk betrokke was.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.