On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

NAMPO Harvest Day 2017

Bothaville skoon, gemaklik tydens Graan SA se Nampo-oesdag

───   ANDRE GROBLER 10:23 Thu, 18 May 2017

Bothaville skoon, gemaklik tydens Graan SA se Nampo-oesdag | News Article
Foto: André Grobler

Bothaville - Die Bothaville-sakekamer en buurtwag doen elke jaar bykomende moeite om die dorp en omgewing so gemaklik en skoon as moontlik te kry tydens Graan SA se Nampo-oesdag landbouhandelskou wat net buite die dorp aangebied word.


Thinus Barnard van die Bothaville-sakekamer en -buurtwag sê die geleentheid is elke jaar 'n groot geldelike inspuiting vir inwoners.

Barnard se hulle besoek gastehuise vooraf om seker te maak hulle het al die noodnommers wat besoekers nodig mag hê. Hy het 'n beroep gedoen op besoekers en inwoners om nie onnodig artikels in voertuie te los nie en oplettend te wees vir mense wat afstandbeheer-blokkering van voertuie doen. 

Graan SA se Nampo-oesdag op die Nampo-oesdagplaas buite die dorp duur tot Vrydag.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.