On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

'Menslike faktor' oorsaak van 80% van padsterftes

───   16:48 Sun, 09 Dec 2012

'Menslike faktor' oorsaak van 80% van padsterftes | News Article
Die meeste padsterftes word veroorsaak deur onverantwoordelike menslike gedrag wat die noodsaaklikheid benadruk om Suid-Afrikaners opnuut oor padveiligheid leer.

Dit is volgens die minister van vervoer, Ben Martins.

Hy het vandag die feesseisoen se padveiligheidsveldtog in Pretoria afgeskop.

Volgens Martins het menslike foute meer as 82% van alle padsterftes tydens die vorige twee feestydperke veroorsaak.
 
Die hoof oorsake van sterftes was die oorskryding van die spoedgrens, dronkbestuur, moegheid, onpadwaardige voertuie en besope voetgangers.

Die Justice Project SA het Martins se stellings as skokkend beskryf.

Voorsitter Howard Dembovsky sê as die patroon voortgaan, sal die land nie sy beoogde 50% afname in padsterftes teen 2020 sien nie.

Martins sê die land se gevaarlikste pad wat ook die hoogste sterftesyfer het, is die R61, wat op die N6 tussen die N2 en Oslo-strand suid van Queenstown in die Oos-Kaap is.

Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.