On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Pistorius-familie distansieer hulle van uitlatings

───   10:53 Tue, 05 Mar 2013

Pistorius-familie distansieer hulle van uitlatings | News Article
Pretoria - Oscar Pistorius en sy familie het hulleself gedistansieer van 'n onderhoud wat sy pa, Henke, met 'n Britse koerant gevoer het, waarin hy die ANC daarvan beskuldig dat hulle Suid-Afrikaanse burgers nie beskerm nie.

In die onderhoud het Henke gesê Suid-Afrikaners moet hulleself beskerm en daarom het hulle gewere in hulle huise.

Pistorius se oom, Arnold Pistorius, het intussen gesê die familie gebruik gewere slegs vir jag en vir sport. Hy het gesê Henke Pistorius se mening verteenwoordig nie die opinie van Oscar of sy familie nie.

Pistorius staar 'n aanklag van moord in die gesig nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag doogeskiet het.

Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.