National
Vuyo Mbuli vandag ter ruste gelê─── 07:46 Fri, 24 May 2013
Johannesburg - Die begrafnisdiens van die radio- en televisie-aanbieder Vuyo Mbuli vind om 9uur vanoggend by die St Johns College in Johannesburg plaas. Die Morning Live-aanbieder is die naweek in Bloemfontein weens ’n bloedklont in sy long oorlede. Hy het tydens die rugbywedstryd tussen die Cheetahs en Reds inmekaargestort en is later in Mediclinic Bloemfontein dood. Die amptelike provinsiale begrafnis sal in die helde-akker in die Wespark-begraafplaas gehou word.
Sapa
Sapa
