On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

'Rentekoersverhoging bewys dat Reserwebank pro-aktief optree'

───   16:54 Wed, 29 Jan 2014

'Rentekoersverhoging bewys dat Reserwebank pro-aktief optree' | News Article
Christopher Motabogi
 
Bloemfontein - Die president van die Reserwebank, Gill Marcus, het die repokoers met 50 basispunte verhoog, tot vyf-komma-vyf persent.
 
Dit beteken dat die prima uitleenkoers tot nege persent verhoog sal word. Dit is die eerste keer in byna twee jaar wat die koers verander word. Dit volg op die Monetêre Beleidskomitee se vergadering in Pretoria.
 
Marcus het kommer oor die stygende inflasie, wat aangewakker word deur die swak rand, as hoofrede vir die verhoging aangevoer.
 
Ekonoom Jannie Rossouw sê die aankondiging is ‘n duidelike bewys dat die bank bewus is van die inflasiedruk op die ekonomie en tydig sal optree wanneer nodig.
 
Rossouw sê dis die eerste keer sedert Marcus se aanstelling dat rentekoerse verhoog is.


 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.