On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Suid-Afrikaanse Reserwebank ontken dat hulle opdrag aan die land se top vier banke gegee het

───   15:51 Fri, 06 Oct 2017

Suid-Afrikaanse Reserwebank ontken dat hulle opdrag aan die land se top vier banke gegee het | News Article

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontken dat hulle opdrag aan die land se top vier banke gegee het, om nie hul kontrakte met ouditfirma KPMG te kanselleer nie.


Die sentrale bank het vanoggend in 'n verklaring gesê die Reserwebank se belang in die KPMG-drama spruit uit 'n openbare beleidsperspektief, rakende hul mandaat om die land se finansiële stelsels te verseker.

Hulle sê die banks sal met banke vergader, om duidelikheid te kry oor hoe om moontlike finansiële stabiliteitsrisikos wat uit die KPMG-sage kan voortspruit te hanteer. Dit volg op onthullings dat KPMG versuim het om onreëlmatige transaksies van miljoene Rande tussen Gupta-bankrekeninge bekend te maak, in die tydperk wat die firma die Guptas se oudits hanteer het.

-OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.