On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Parlement bekommerd oor onderonsie tussen Shivambu en joernalis

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:22 Wed, 21 Mar 2018

Parlement bekommerd oor onderonsie tussen Shivambu en joernalis | News Article
FOTO: Twitter

Die Speaker van die Nasionale Vergadering Baleka Mbete, en die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, is bekommerd oor die onderonsie tussen die EFF se hoofsweep, Floyd Shivambu, en 'n Netwerk24 multimedia-joernalis.


Shivambu het Adrian de Kock, wat gister saam met ander joernaliste buite die Parlement gewag het terwyl die DA se tugverhoor teen Patricia de Lille aan die gang was, se kamera glo probeer afvat en hom toe glo aan die keel gegryp het.

De Kock het aan eNCA gesê hy was buite die Parlement toe hy Shivambu sien aankom. Hy het gedink dit is 'n ideale geleentheid om Shivambu te nader vir kommentaar oor die De Lille-sage.

Hy het foto's van Shivambu geneem en toe na hom gestap en gevra of Shivambu kommentaar wil lewer oor De Lille, waarna Shivambu wou weet waarom De Kock foto's van hom geneem het.

De Kock vertel hy het aanvanklik gedink Shivambu maak 'n grap en het aan hom gesê hy gaan nie sy foto's van sy kamer verwyder nie. Shivambu het toe glo self probeer om dit van sy kamera te verwyder. Hy het nie daarin geslaag en het toe na De Kock se selfoon gegryp en gesê hy gaan "alles breek", sê De Kock.

Daar was twee ander mans saam met Shivambu.

Intussen sê die Parlement in 'n verklaring die voorval is teenstrydig met sy toegewydheid tot persvryheid en 'n media-vriendelike omgewing soos wat in die Grondwet vervat is. Die voorval sal ondersoek word en indien nodig, sal 'n toepaslike besluit geneem word.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.