On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

National

Gestrande jong SA’ners in China, kry paspoorte terug

───   08:23 Sat, 23 Jun 2018

Gestrande jong SA’ners in China, kry paspoorte terug  | News Article
Photo: Supplied/ANA

Die 51, jong Suid-Afrikaners wat in Tsjangtsjoen in China vasgekeer is en strafregtelik ondersoek word nadat hul paspoorte weens foutiewe visums deur die polisie afgeneem is, sal glo Maandag hul paspoorte terugkry.


Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sê die groep sal na verwagting volgende week na Suid-Afrika terugkeer. Sisulu het Chinese owerhede Vrydag in ? verklaring bedank nadat die owerhede met Suid-Afrika ooreengekom het om die groep se paspoorte weer aan hulle terug te besorg en toe te laat om die land te verlaat.

Volgens ANA het Sisulu gesê sy is dankbaar dat hierdie voorval opgelos is, sy las by dat sy ? beroep op alle Suid-Afrikaners wil doen dat hulle hulself eers moet vergewis van die wette en regulasies van die lande wat hulle besoek of aansoek doen om te werk. Reisigers moet ook seker maak dat hulle die regte reisdokumente het voordat hulle na die buiteland gaan.

Sy sê die departement van internasionale betrekkinge en samewerking beoog om binnekort ? veldtog van stapel te stuur wat juis bewusmaking oor dié kwessie gaan bewerkstellig.


African News Agency (ANA)

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.