On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Springbokfilet met vye-roomsous

───   10:08 Wed, 05 Sep 2012

Springbokfilet met vye-roomsous | News Article
Springbokfilet met vye-roomsous

Genoeg vir 4

1kg springbokfilet

sout en gemaalde peper

botter en olie

1 klein ui, baie fyn gekap

1 knoffelhuisie, gekneus

1 vars rissies, ontpit en lopgekap

10ml swartpeperkorrels

10ml groenpeperkorrels

150ml rooiwyn

room

4 ingelegte groenvye

2ml neutmuskaat


1. Sny die filet in skywe van 80 - 100g elk en geur met sout en peper.
2. Verhit 'n bietjie botter en olie in 'n pan en braai die vleis oor matige hoë hitte tot die verlangde gaarheid. Moenie oorgaar maak nie.
3. Verwyder uit die pan, bedek en hou eenkant.
4. Voeg die ui, brandrissie, knoffel, swart- en groenpeperkorrels in die pan en braai liggies tot die ui sag is.
5. Voeg die wyn, room en vye by, geur met sout, peper en neutmuskaat, en laat prut, sonder 'n deksel, totdat die sous effens verdik.
6. Plaas die springbokfilet op 'n warm opdienbord en bedek met sous.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.