Agriculture
Werkgewer/werknemer-verhouding kardinaal vir stabiliteit─── 11:12 Fri, 21 Sep 2012
Pieter Möller
Die verhouding tussen werkgewer en werknemer op plase is van kardinale belang vir 'n stabiele landelike omgewing.
Die waarde van ‘n gelukkige en produktiewe werkerskorps moet daarom nooit onderskat word nie. So het Agri SA se Anton Rabe gesê, na afloop van 'n werkswinkel wat oor werkskepping gehou is.
Hy sê arbeidsverhoudinge in landbou is uniek vanweë die geografiese ligging van en omstandighede op plase waar beide die woon- en werksplek gedeel word en van werkgewers verwag word om onder meer behuising, vervoer en ontspanningsgeriewe te verskaf.
Volgens Rabe het hierdie verpligtinge nie net koste-implikasies nie, maar ook regs- en ander aanspreeklikhede wat ‘n besondere verantwoordelikheid op landbouers plaas.
Agri SA het die werkswinkel gehou om te besin oor wat nodig is om werkskepping in die landbou te bevorder en ook werksverliese teen te werk. Oorweging is gegee aan die beleid- en werksomgewing wat kan bydra tot ‘n gelukkige en produktiewe werkerskorps.
Daar is spesifiek aandag gegee aan aspekte soos bemagtiging, opleiding asook verskeie verbandhoudende inisiatiewe en verpligtinge waardeur die sosiaal-maatskaplike omgewing vir plaaswerkergemeenskappe opgehef kan word asook aksieplanne vir implementering op plaasvlak, binne distrikte, provinsies en op nasionale vlak.