On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Kommersiële plase verseker groter voedselsekerheid

───   12:07 Thu, 25 Oct 2012

Kommersiële plase verseker groter voedselsekerheid | News Article
Kommersiële plase verseker groter voedselsekerheid deurdat meer voedsel geproduseer word as wat opkomende of bestaansboere kan doen. Dit is volgens bevindinge van ‘n onlangse studie van die Instituut vir Rasseverhoudinge.

Volgens ‘n verklaring van dié instituut, is kommersiële plase vir 95% van Suid-Afrika se plaaslik geproduseerde voedsel verantwoordelik en word die oorblywende 5% deur die land se nagenoeg 220 000 opkomende boere en 1,3 miljoen bestaansboere geproduseer.

Volgens ‘n navorser van die instituut, Kevin Ebone, is Suid-Afrika se voedselsekerheid baie afhanklik van kommersiële boerdery.

Die studie is gegrond op inligting van Statistiek SA en die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid.

Verklaring verskaf



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.