Agriculture
Plaaslike sybokhaar net-net duurder as die wêreldmark─── 12:55 Mon, 05 Nov 2012
Die aanvraag op die onlangse derde sybokhaarveiling, was aansienlik beter as die vorige veiling. Volgens die jongste verslag van die Sybokhaarvereniging van Suid-Afrika kan dit hoofsaaklik toegeskryf word aan ‘n beter gehalte aanbieding.
Die kleinbokkiemark het ook sy opwaartse kurwe van die afgelope verkoopseisoen voortgesit, met veral die fyn gedeelte wat uitstekend verkoop het. Die jongbokhaarmark het ook ‘n drastiese herstel getoon met veral meer fyner jongbokhaar wat beskikbaar was.
Grootbokhaar se verkoopspersentasie het aansienlik verbeter. Intussen word berig dat die plaaslike wolmark goed presteer het, ondanks die sterker rand-dollar-wisselkoers, asook ‘n effens swakker wolmark in Australië.
Dit beteken dat die plaaslike mark nou tussen een en twee persent duurder as die wêreldmark is.
Verklaring verskaf