Agriculture
Arbeidsonrus in Wes-Kaap verniel mededingendheid─── 14:28 Thu, 15 Nov 2012
Pieter Möller
Die arbeidsonrus in die Wes-Kaap verniel mededingendheid en lewer dit uit aan markte waar slegs die beste van die beste aanvaar word. So sê landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Laubscher het aan OFM-Nuus gesê stram markomstandighede in uitvoermarkte, kan nie hierdie aksies bekostig nie.
Hy sê as voorbeeld kan die druiwebedryf gebruik word, waar hulle in die proses is om deur middel van verhoogde produktiwiteit, die herstel ná die internasionale finansiele krisis, te versterk.
Volgens Laubscher maak die rigiede eenkanaal beheer deur die sentrale regering, kreatiwiteit in die sektor dood. Hy sê verder die gewelddadige protesaksies vernietig die ontwikkeling en die vlak van mededingendheid wat reeds in plek was.
Volgens hom is die behoefte na voedselsekerheid en die bydrae wat produsente hiertoe kan maak, ‘n ernstige knou toegedien.
Laubscher sê die huidige stakings is een van die grootste nie-mededingende faktore wat die bedryf al ooit beleef het.