Agriculture
Somer-oeskattingsinligting ingesamel─── 15:12 Mon, 21 Jan 2013
Produsente van die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes Provinsie word van vandag af besoek om somer-oeskattingsinligting in te samel.
Die Departement van landbou, bosbou en visserye se Oesskattingskomitee het die Oesskattingskonsortium aangestel om bykans 2000 produsente op hulle plase te gaan besoek.
Volgens ‘n verklaring van die department, sal veldwerkers inligting inwin oor die aantal hektare met somergraangewasse beplant, asook verwagte oesopbrengste. Die projek word van stapel gestuur om die akkuraatheid, objektiwiteit en betroubaarheid van die skatting van graangewasse verder te verbeter.
Die department het ook ‘n dringende beroep op produsente gedoen om hul samewerking te verleen. Hulle sê die inligting wat ingesamel word, is van groot nut vir alle rolspelers in die landbousektor om te beplan vir die verkoop, vervoer, berging en bemarking van gewasse en die inligting wat ingesamel word sal as 100% vertroulik bestempel word en slegs vir oesskattingsdoeleindes aangewend word.
Volgens die department sal die besoeke aan plase tot 21 Februarie vanjaar duur.
Verklaring verskaf