On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Lam-en-niertjie-pastei

───   15:41 Fri, 17 May 2013

Lam-en-niertjie-pastei | News Article
Individuele lam-en-niertjies pasteie

30 minute 1¼ ure 4 – 6 porsies

Bestanddele
45 ml (3 e) olyf- of kookolie
500 g lamsblokkies, 2 cm gesny
250 g lamsniertjies, ontkernen grofgekap (omtrent 4)
1 medium ui, skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 groot wortels, skywe gesny
125 g knopiesampioene, gekwart
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
15 ml (1 e) gekapte, vars gemengde kruie of 5 ml (1 t) droë
1 lourierblaar
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30 ml (2 e) koekmeel om te verdik
200 g bevrore bros- of skilferdeeg, ontvries
geklitste eier en melk vir glasering
sesamsaad vir garnering

Metode
1. Verhit olie in ´n swaarboomkastrol en braai lamsblokkies tot ligbruin. Voeg niertjies, ui, knoffel en wortels by en soteer tot sag.
2. Voeg sampioene by en braai vir ´n paar minute. Voeg die aftreksel, kruie, lourierblaar en geurmiddels by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir omtrent 40 minute.
3. Verdik die sous met ´n pasta van meel en water. Skep mengsel in individuele oondvaste bakkies of ´n groot bak en laat effens afkoel.
4. Rol deeg uit op ´n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is, tot ´n dikte van 3 mm. Bedek mengsel met deeg en sny randjies af. Maak ´n opening in die middel van die deeg sodat stoom kan ontsnap.
5. Gebruik ´n vurk om die kante goed te seël. Versier die pastei met oorskietdeeg en bestryk met geklitste eier en melk. Sprinkel sesamsaad oor. Bak vir omtrent 30 minute in ´n voorverhitte oond teen 200 °C tot deeg goudbruin is. Bedien met ´n slaai van keuse.

Variasie
Vervang die lam met bees steak.

Erkenning:Ontwikkel en getoets in ons kombuis deur Heilie Pienaar.

'Resep is verskaf deur Skaapvleis Suid-Afrika! Ons is geborg deur die Rooivleis-industrie.'


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.