On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Sakebelegging in Noord-Kaap belangrik, sê Sylvia Lucas

───   14:20 Thu, 07 Apr 2016

Sakebelegging in Noord-Kaap belangrik, sê Sylvia Lucas  | News Article
Foto: André Grobler

Sakebelegging in die Noord-Kaap is belangrik vir die plaaslike ekonomie en word aangemoedig.

Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, sê omdat die provinsie se ekonomie afhanklik is van mynbou en landbou, is beleggings in hierdie bedrywe noodsaaklik. Lucas het op die bekendstelling van GWK se nuwe meule, koekie- en pastafabriek op Modderrivier gesê dié twee bedrywe is veral onder druk weens die stagnerende internasionale en plaaslike ekonomie.

Sy sê die provinsiale regering het reeds gedoen wat hulle kon om kleinboere te help weens die droogtetoestande en sy hoop die nasionale regering kan moontlik nog hulp verskaf.

In die Noord-Kaap is baie landbouwerksgeleenthede weens die droogte onder druk of reeds verlore. Lucas sê daar word baie gedoen om te verseker dat die situasie nie ‘n verdere nadelige invloed op die provinsiale ekonomie het nie.

Sy het inisiatiewe soos die belegging van R400 miljoen in die GWK Farm Foods fabriek op ‘n plek soos Modderrivier geloof. Lucas sê voedselsekuriteit is ‘n kernfokus vir die regering.

Daarby dra ‘n projek soos op Modderrivier by tot werkskepping en is dit ‘n inspuiting vir die provinsiale ekonomie. Sy het die private sektor in die ander ekonomiese bedrywe aangemoedig om dieselfde vertroue in die Noord-Kaap te toon en te help om die ekonomie te stimuleer.

André Grobler/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.