On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Wolproduksie het met 10% afgeneem

───   09:00 Tue, 09 May 2017

Wolproduksie het met 10% afgeneem | News Article

Jan Louis Venter, NWKV se produksie-adviseur, sê die droogte het beslis ‘n rol gespeel in die afname in wolproduksie in die Vrystaat.


Die huidige tekort aan vroulike diere vertraag ook die herstel van die bedryf en ooie behaal baie goeie pryse.

Die goeie wolpryse stimuleer wolproduksie en die produksie behoort binne die volgende twee jaar weer op die vlakke van 2013-14 te wees of selfs hoër. Venter vra dat produsente verantwoordelik wol moet produseer en hulle nie skuldig maak aan besmetting van die Suid-Afrikaanse skeersel nie, sodat ‘n hoë gehalte produk steeds aan die kopers gelewer kan word.

Die totale wolproduksie van die Vrystaat het met 10% afgeneem. In 2013/14 is 10 326 986 kg wol gelewer teenoor 2015/16 se 9 340 549 kg. Die 2016/17-seisoen het nog nie afgesluit nie en daarom is dit nie in die ontleding ingesluit nie.


OFM-nuus


Podcasts

Jan Venter:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.