On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

ICYMI: OFM-landbounuus 18 Mei 2018

───   MARK STEENBOK 09:54 Mon, 21 May 2018

ICYMI: OFM-landbounuus 18 Mei 2018 | News Article

Dit was Vrydag amptelik die laaste dag van die grootste landbou-ekspo in die suidelike halfrond. Graan SA se NAMPO Oesdag wat buite Bothaville in die Vrystaat plaasvind, het tot groot opwinding bygedra.

Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) het sy kommer uitgespreek oor die impak wat die uitbraak van Slenkdalkoors op veral die kleinveebedryf en woluitvoer mag hê.

Intussen meen kenners met onvoldoende staatsbefondsing om die landbou-sektor te ondersteun, het boere geen ander keuse as om groter plase te bekom om mededingend in die mark te wees nie.

Ekstrusie is die ideale proses vir Afrika om waarde tot landbouprodukte toe te voeg. Dit is volgens LJ Grobler, die direkteur van CFAM Technologies, een van die uitstallers by vanjaar se Graan SA NAMPO Oesdag.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.