On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri SA, regering vergader oor grondkwessies

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:33 Mon, 20 Aug 2018

PODCAST: Agri SA, regering vergader oor grondkwessies | News Article
Photo: Supplied

Dit is hoogtyd dat direkte gesprekke tussen die regering en georganiseerde landbou rondom die grondkwessie plaasvind.


Só sê Agri SA se president, Dan Kriek, met die oog op 'n vergadering wat vandeesweek Dinsdag tussen 'n afvaardiging van Agri SA, ander betrokkenes en adjunkpresident, David Mabusa, asook die tesourier-generaal van die ANC, Paul Mashatile, gehou word. Agri SA se president, Dan Kriek, sê Mabusa het na georganiseerde landbou uitgereik  om te vergader. Hy sê die gronddebat, en meer spesifiek onteiening sonder vergoeding, sal sekerlik onder die loep kom.

Volgens Kriek gaan die gespekvoering, met die regering ernstig en tot die punt wees.

Kriek het verlede week op Vrystaat Landbou se jaarkongres buite Bloemfontein aangekondig dat Agri SA deur die regering vir gesprekvoeringe genader is. 'n Amptelike uitnodiging deur die ANC vanuit Luthuli-huis, is aan Agri SA gerig om met georganiseerde landbou en meer spesifiek met boere op grondvlak te vergader. Agri SA het dié uitnodiging deur die ANC se adjunk-sekretaris generaal, Jesse Duarte, met ope arms aanvaar. 'n Datum daarvoor is egter nog nie vasgestel nie.

EN

Die polisie in die Vrystaat en boere van die Harrismith-gebied se flinke optrede word geloof nadat 'n groep vermeende grondbesetters aangekeer is toe hulle glo 'n plaas wou beset. Vyf mans is Saterdag op 'n plaas naby die N3 in hegtenis geneem nadat hulle met pikke en grawe daar opgedaag het. Die provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus, Jan van Niekerk, wat ook in dié gebied boer, sê hulle het 'n klip muurasie begin afbreek en met dié klippe erwe begin uitlê.

Van Niekerk wat self op dié plaas was waarvan die eienaar se identiteit deur OFM-nuus weerhou word weens die sensitiewe aard van die voorvAl, sê die situasie was nie plofbaar nie weens boere en die polisie se goeie samewerking. Die verdagtes word van betreding aangekla.

EN

Agri Noord-Kaap se president, Henk van Wyk, wat dié naweek op die ouderdom van 60 aan vermoedelik 'n hartaanval oorlede is, was toegewyd tot die landboubedryf gewees. Só word hy beskryf deur sy kollega, die uitvoerende hoof van dié landbou-organisasie Henning Myburgh. Volgens Myburgh is Van Wyk, 'n vooraanstaande dorper-teler, Saterdagmiddag op sy plaas in die Calvinia-gebied op die Ceres-pad by die Hantamberge oorlede. Hy het sleg gevoel en op sy bed gaan lê. Myburgh sê Van Wyk se afsterwe is 'n groot verlies vir dié bedryf.

Van Wyk was sedert 2011 president van Agri Noord-Kaap. Myburgh sê sover is nog geen begrafnis-reëlings bekend nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.