On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:16 Thu, 20 Sep 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30 | News Article
Photo: Supplied

Altesaam agt finaliste ding vanjaar mee in Toyota SA se Jong Afslaerskompetisie.


Dit vorm deel van die Alfa vee-expo by die Afridome in Parys in die Vrystaat. Die gewilde expo het Dinsdag begin. Ofm-nuus se Christal-Lize Muller het met finaliste in die afslaerskompetisie gerpraat. Die 34-jarige Barco Van Niekerk is n afslaer van beroep. Hy is verbonde aan GWK stoetvee en lewende hawe in Kimberley. Die bedryf is vir hom opwindend.

Nog n finalis in die kompetisie is Flekkie du Toit van Vryburg in Noordwes. Hy is ook in die afslaersbedryf en is werksaam by Andre Kock en Seun. Du Toit sê dit is sy passie om n afslaer te wees. Die wenner van die kompetisie word Donderdagaand op n galadinee aangewys.

EN

Na aanleiding van Dinsdag se hofbeslissing om die persoonlike gebruik van dagga te wettig, kyk die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye na die moontlikhede om hennep in Suid-Afrika te kweek. Volgens die Landbounavorsingsraad word dit gebruik om meer as 25 000 verbruikersprodukte soos skoene, klere, papier en seep te maak. Die hennepplant kan tot nege meter groei, maar wanneer dit gekweek word, groei dit gemiddeld tot tussen twee en vier meter hoog. Die departement lei 'n interdepartementele span wat tans 'n nuwe reguleringsraamwerk vir hennep ontwikkel. 

EN

Groot skade aan infrastruktuur is op plase aangerig in die Tweeling-gebied wat onder 'n verwoestende veldbrand deurgeloop het.  Volgens Agri SA se president, Dan Kriek, het die brand  Sondag en Maandag weer opgevlam, maar is deur 'n groot getal lede van die plaaslike brandbestrydingsvereniging geblus.

Boere en veral kleinboere in die gebied hoop nou op goeie reën sodat hul weiveld kan herstel. 'n Wegholveldbrand het die naweek duisende hektare natuurlike veld in die gebied verwoes. Kriek sê sover bekend is geen brandbestryders in die brand beseer nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.