On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:25 Tue, 25 Sep 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30 | News Article
Photo: Supplied

Die adviespaneel wat uit tien lede bestaan, het ten doel om die interministeriële komitee oor grondhervorming in 'n raadgewende hoedanigheid oor beleidskwessies by te staan.


Dit sluit restitusie, herverdeling, sekerheid van verblyfreg en landbou-ondersteuning in. President Cyril Ramaphosa het dié paneel verlede week met die aankondiging van sy stimuluspakket vir die ekonomie bekendgemaak om landbouproduksie te verhoog, ekonomiese groei te bevorder en voedselsekerheid te beskerm. Die interministeriële komitee word deur adjunkpresident, David Mabusa, gelei. Bestaande modelle gaan ook hersien word. Vuyo Mahlati, ontwikkelingsbeplanner en voorsitter van die African Farmer's Association (Afasa), is die voorsitter. 

EN

Intussen verwelkom AFASA, president Cyril Ramaphosa se ekonomiese stimulus-plan wat landbou in die middel van Suid-Afrika se nuwe pad van groei, werkskepping en transformasie plaas. Die landbou-vereniging se voorsitter, Neo Masithela, sê Ramaphosa se aankondiging dat die ondertekening van huurkontrakte oor dertig jaar gefinaliseer gaan word en boere instaat gaan stel om befondsing te kry vir die doeleindes van landbou-ontwikkeling.

EN

Kundiges is in die proses om 'n aksieplan saam te stel teen die stompkopkewer en sy simbiotiese swam wat alle bome bedreig. Dit kom nadat dié boomplaag, wat aanvanklik in Pietermartizburg, Durban, Johannesburg, asook in George en Knysna voorgekom het, nou ook in Hartswater in die Noord-Kaap kop uitgesteek het en nou die pekanneut bedryf bedreig. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Jan-Hendrik Venter sê dit is 'n relatiewe nuwe pes in Suid-Afrika wat op bome in stede, dorpe en in die platteland fokus. Dié veelsydige kewer boor in enige boom en die swam is patogenies.

Hy sê wyfies bring spore in en boer weer met die swam. Dit laat die bome vrek. In dié stadium is daar geen wetgewing wat dié boomplaag beheer nie. 'n Bestuursliggaam wat bestaan uit die Department van Omgewingsake, die departement van landbou se bosbou-afdeling, en navorsers vergader nou maandeliks oor beheermaatreëls.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.