On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00

───   12:26 Fri, 19 Oct 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00 | News Article

Die swart ekonomiese bemagtiging, oftewel SEB-handves, sal deur Vrystaat Landbou se Jack Armour, op die kwartaallikse landboumark-werkwinkel van die landbou-ekonoom Johan Willemse, buite Bloemfontein bespreek word.


Willemse sal ook, soos gebruiklik, die jongste graan- en veebedryf-vooruitsigte bespreek. Die werkswinkel vind plaas op 2 November in die Bikers’ Church, langs die Tempe-lughawepad buite die stad. Hy sê voorafbesprekings is noodsaaklik. Dit kos R300 per person. Kontak Marlene, by marlene@jomar.co.za of 083 381 8011, vir verdere inligting.

‘n Omset van R6m is op die sestiende produksieveiling van die Mid-Vrystaat Bonsmara-groep in Bloemfontein behaal. 'n Bul van Gerrit van Zyl van die Hanzyl-stoet, is as die duurste bul, teen R220 000, aan Cecil van der Merwe van Barkly-Oos verkoop.

EN

Die weer is steeds die hoof-speler in Suid-Afrika se plaaslike somer- en oliesaad-mark, sê Wandile Silhlobo, ekonoom van die landbou-sakekamer Agbiz. Wydverspreide neerslae die laaste paar dae oor die oostelike en sentrale dele van die somersaai-produksiegebied was goeie nuus vir die nuwe seisoen se oeste. Nog neerslae word vir die volgende week oor die oostelike dele van die land voorspel. Die groot onsekerheid bly egter die El Nino-weerverskynsel, wat later in die seisoen kan toeslaan en die gebruiklike midsomerdroogte kan aanhelp. Hieroor het voorspellers egter nog nie veel uitklaring nie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.