On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:06 Fri, 26 Oct 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30 | News Article
Photo: Supplied

Produsente se voorneme om mielies, sojaboon en sorghum in die komende produksieseisoen vir somergewasse aan te plant toon 'n toename teenoor aanplantings die vorige seisoen.


Volgens die Department van Landbou, Bosbou en Visserye se direktoraat van statistiek en ekonomiese ontleding, beoog kommersiële produsente om 2,448 miljoen hektaar mielies vir die 2019-seisoen te plant. Dit is 'n 5,6% of sowat 129 550 hektaar meer as die 2,319 miljoen hektaar aangeplante mielies verlede seisoen. 

EN

Die nuwe Minister van Finansies, Tito Mboweni, het in sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) gefokus op landbou en die rol daarvan in die herstel van die land se ekonomie. Sy fokus op dié bedryf is uit verskeie landbougeledere verwelkom. 'n Senior landbou-ekonoom van Absa, Wessel Lemmer, meen dit is die meeste wat landbou nóg in 'n MTBR uitgestaan het. Hy sê dit is egter teleurstellend dat dié fokus op landbou en die verwagting dat dié bedryf belangrik is vir ekonomiese groei en werkskepping in die volgende jaar, nie ooreenstem met die toedeling tot die landboubegroting nie.

Hy sê dit is baie belangrik vir die regering om in groeiende bedrywe te belê.

EN

Die Vryheidsfront Plus in Noordwes het die polisie se betrokkenheid en vinnige reaksie geloof nadat 'n jong vrou op 'n plaas aangerand is. Dit kom nadat twee mans Woensdag helder oordag op 'n huis op die plaas Buffeldoring naby Klerksdorp toegeslaan het. Hulle het 'n 20-jarige vrou in die huis oorval. Sy is 'n familielid van die boer en sy vrou, maar hulle was nie ten tyde van die voorval tuis nie. Volgens Fanie du Toit, die Vryheidsfront Plus se onderleier in Noordwes, het die mans vermoedelik toegang tot die huis deur die voordeur gekry.

Die booswigte het hulle vinnig uit die spore gemaak. Niks is gebuit nie. Du Toit sê die jong vrou het die boer se vrou gebel, wat hulp ontbied het. Hy sê die polisie het hul goed van hul taak gekwyt.

Volgens Du Toit is die gemeenskap se betrokkenheid bemoedigend en dit is 'n riem onder die hart om te sien hoe boere, sekuriteitsmaatskappye, en lede van buurtwagte in 'n soektog na die booswigte saamgespan het. Die polisie ondersoek 'n klag van aanranding en poging tot huisroof. Sover bekend is nog niemand in hegtenis geneem nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.