On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus om 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:36 Wed, 07 Nov 2018

Landbounuus om 13:30 | News Article

Droogtetoestande in sekere dele van die land en veral in die Oos-Kaap eis nou sy tol op gehalte van sybokhaarskeersels.


OVK se bestuurder van sybokhaar, Pierre van der Vyver, sê dit was duidelik sigbaar op die vyfde sybokhaarveiling vir die 2018 winter verkoopseisoen met lotte wat aangebied is met ‘n lae skoonopbrengs. Hy meen dié lae opbrengs is weens die droogtetoestande. Volgens hom het dié veiling, wat Dinsdag in Port Elizabeth plaasgevind het, aanvanklik wankelrig begin, maar dit het later matig herstel weens 'n versterkende rand. 'n Gemiddelde prys van R288,14 per kg, op 'n rou basis, is behaal.

Hy sê Manie du Plessis van Sontana-boerdery by Oudtshoorn, het die beste baal van kleinbokkiehaar teen die hoogste prys van R512.20 per kg op dié veiling verkoop.  Jordi en Gay Van Hasselt, van Prins Albert, in die Oos-Kaap, was op hul hakke met R508 per kg vir 'n baal van kleinbokkiehaar.  

Die tweede laaste veiling van dié seisoen vind op 20 November plaas.

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, is nie oortuig daarvan dat die volle omvang van moorde op plase in Suid-Afrika in die breë en op hoë regeringsvlak ten volle begryp word nie. Daarom het dié organisasie 'n eksemplaar van sy adjunk-hoofbestuurder, Ernst Roets, se boek, Kill the Boer, by die kantoor van president Cyril Ramaphosa afgelewer. Roets sê die stap het ten doel om plaasmoorde onder Ramaphosa se persoonlike aandag te bring sodat dit as 'n prioriteitsmisdaad verklaar kan word. Hy sê Ramaphosa het in sy verduideliking verlede week in die Suid-Afrikaanse Parlement oor sy opmerking in 'n onderhoud met Bloomberg in New York, Amerika, in September, bloot syfers aangehaal. Volgens Roets het hy sodoende aangevoer, dat plaasmoorde slegs 'n klein komponent van die totale aantal moorde in Suid-Afrika is. In 'n ope brief aan Ramaphosa, wat in videoformaat op sosiale media deur AfriForum versprei word, sê Roets die werklike krisis rondom plaasmoorde word steeds nie begryp nie.

In die video beklemtoon Roets dat moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes 'n unieke misdaad is wat verreikende gevolge inhou.

EN 

Dié sogenaamde tegniese resessie skep 'n groter probleem vir die landboubedryf, wat nou juis werk moet verskaf.  Dit is volgens 'n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, Theo Bekker, wat meen Suid-Afrika benodig nou juis ekonomiese groei, nuwe beleggings en ontwikkeling.

Hy sê in die verlede het Suid-Afrika, 'n goeie ontwikkelende landbou-omgewing gehad met uitvoer, maar 'n draaipunt is egter bereik en die landboubedryf beweeg nou in 'n negatiewe rigting.  



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.