On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

PODCST: landbounuus om 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:01 Fri, 09 Nov 2018

PODCST: landbounuus om 13:30  | News Article

Aanvalle op plase en kleinhoewes in Suid-Afrika is 'n werklikheid en die Vrystaatse polisie doen opnuut 'n beroep op gemeenskappe om veilig te wees en om nie drastiese besluite te neem wanneer hulle bedreig word nie.


Dit kom nadat 'n boer van Bultftontein, Abel Strauss, na bewering 'n werknemer van sy plaas gewond het. Hy het hom glo vir 'n inbreker aangesien. Thakeng sê Johannes Jantjie het verlede Saterdag, omstreeks 21:20 by Strauss se plaashuis aangekom.  Jantjie is na 'n hospitaal vervoer en Strauss is in hegtenis geneem. Hy het in die Bultfonteinse landdroshof op aanklagte van poging tot moord en die besit van 'n onwettige vuurwapen verskyn. Strauss is op R3 000 borgtog vrygelaat. Hy is weer op 26 November in die hof, wanneer sy verhoor na verwagting sal begin. Weerkenners meen die El Niño-weerpatroon is betreklik swak met goeie reënval wat nog in die komende twee tot drie maande verwag kan word. Dit kan eerder later in die somerseisoen plaasvind met 'n risiko op 'n midsomerdroogte, wat ook nie ongewoon is as daar na toestande in die verlede gekyk word nie. 

So meen prof. Johan Willemse, 'n landbou-ekonoom, wat verlede week die vooruitsigte in die landboumark op sy laaste werksessie vir die jaar verskaf het. Volgens hom is die verspreiding van reënval belangrik in dié geval, en dit is nie noodwendig die volume reën waarop daar gefokus moet word nie. 

Hy meen veral mielies kan nie meer op lae potensiaal landerye geproduseer word nie.Weerkenners meen die El Niño-weerpatroon is betreklik swak met goeie reënval wat nog in die komende twee tot drie maande verwag kan word. Dit kan eerder later in die somerseisoen plaasvind met 'n risiko op 'n midsomerdroogte, wat ook nie ongewoon is as daar na toestande in die verlede gekyk word nie. So meen prof. Johan Willemse, 'n landbou-ekonoom, wat verlede week die vooruitsigte in die landboumark op sy laaste werksessie vir die jaar verskaf het. Volgens hom is die verspreiding van reënval belangrik in dié geval, en dit is nie noodwendig die volume reën waarop daar gefokus moet word nie. Hy meen veral mielies kan nie meer op lae potensiaal landerye geproduseer word nie.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.