On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:49 Tue, 13 Nov 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00 | News Article

Die polisie se landelike veiligheidstrategie word Woensdag ondersoek in 'n openbare verhoor deur die portefeuljekomitee oor polisie.


Francois Beukman, voorsitter van dié komitee, sê dit is van kritieke belang om dié bestaande strategie te ondersoek, en vas te stel of meer hulpbronne aan polisiekantore wat as prioriteitskantore beskou word, toegeken moet word. Die implementering van dié strategie by landelike en semi-landelike polisiekantore sal ook ondersoek word. Volgens Beukman moet gemeenskappe in verafgeleë landelike gebiede die oë en ore van wetstoepassingsagentskappe wees, om te verseker dat gewelddadige en kontakmisdaad voorkom word.

'n Hittegolf word vandeesweek in die grootste deel van die sentrale binneland voorspel. 'n Voorspeller by die Bloemfonteinse weerkantoor, Elani Claassen, waarsku 'n hittegolf tref die grootste deel van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes, en sal tot Vrydag duur. Sy sê die kwik, sal vandeesweek stelselmatig styg en teen Vrydag kan bloedige temperature verwag word. In Upington word 42 grade Celsius en in Kimberley 39 grade Celsius voorspel. In Bloemfontein word maksimum dag temperature van 37 grade Celsius en in Taung in Noordwes 'n maksimum dag temperatuur van 40 grade Celsius, verwag. Daar is ook hoë brandgevaar. Daarmee saam doen die Departement van Landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling in die Noord-Kaap se Phemelo Manankong, doen 'n beroep op gemeenskappe om in dié droë warm toestande uiters versigtig te wees met vure. Claassen sê teen die naweek kan dag temperature ietwat daal, maar warm toestande kom steeds voor.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.