On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wegholveldbrand saai verwoesting in Trompsburg-gebied

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:26 Mon, 19 Nov 2018

Landbounuus-podcast: Wegholveldbrand saai verwoesting in Trompsburg-gebied | News Article

'n Wegholveldbrand het verwoesting in die Trompsburg-gebied in die Vrystaat gesaai.


Verskeie boere het groot veeverliese gely, met honderde hoofsaaklik skape wat doodgebrand is of van kant gemaak moes word weens die aard van hul brandwonde. Duisende hektaar weiveld het ook in die slag gebly. Boere is heeltemal verbysterd. 

'n Boer in dié gebied, FC Alexander, sê 'n brand het Donderdagmiddag op sy plaas Stofkraal, vermoedelik weens Eskom-drade, uitgebreek. Hy sê in die warm en droë toestande is die vlamme vinnig deur sterk wind aangeblaas en die lang gras, wat goed groei het na vorige goeie reëns, is verwoes. Hy sê boere en hul werkers van brandverenigings van Springfontein, Gariepdam, Bethulie, Smithfield, Edenburgh en Reddersburg, het gaan help om die brand te blus. 

Alexander sê dit was 'n onmoontlike taak om die vlamme te keer en brandbestryders het meestal gefokus om vee in die veld te red, en hy het groot verliese gely.

'n Inwoner van Trompsburg wat gehelp het om heiningdrade te knip sodat vee nie deur die vlamme vasgekeer word nie, is beseer toe hy met sy motorfiets geval het. Hy is na wat verneem word in 'n kritieke maar stabiele toestand in 'n Bloemfonteinse hospitaal.

EN

Intussen sê Elani Heyneke van die Bloefmonteinse weerkantoor, baie warm tot bloedige warm en winderige toestande word Maandag in die grootste deel van die sentrale binneland voorspel. 

Sy sê daar is ook 'n waarskuwing uitgereik vir hoë brandgevaar in die Noord-Kaap asook die westelike en sentrale dele van die Vrystaat en Noordwes.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.