On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landerye reg, nou 'wag boere vir reën'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:18 Fri, 30 Nov 2018

Landbounuus-podcast: Landerye reg, nou 'wag boere vir reën' | News Article

Die tradisionele planttyd vir droëland boere in sekere somergewasproduksie-gebiede in die Vrystaat en Noordwes het reeds middel November begin, en boere het nou 'n groot behoefte aan reën.


'n Ekonoom by Graan SA, Luan van der Walt, sê mielieboere in die sentrale en westelike deel van die Vrystaat, by Bloemfontein en Wesselsbron, en in Noordwes-gebiede by Lichtenburg en Ottosdal, het reeds hul landerye voorberei, maar kon nog nie - weens hoë temperature en té min grondvog - begin plant nie. Hy sê die Oesskattingskomitee se verwagting vir mielieaanplantings dié seisoen, wat einde Oktober bekend gemaak is, is op 'n geraamde 2,44 miljoen hektaar. Dié intensies om te plant is steeds hoër teenoor verlede jaar se aanplantings, maar dit kan verander. 

Daarmee saam is die vooruitsigte vir goeie reën in die nabye toekoms nie goed nie. 'n Voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Quinton Jacobs, sê daar is eerskomende Donderdag 'n 30%-kans op reën in sekere gebiede van die sentrale binneland. Jacobs sê daar is ook nie goeie nuus met betrekking tot langtermyn-voorspellings vir reën in Sentraal Suid-Afrika nie.

EN

Die JB Marks-munisipaliteit moet spoedig reageer op die landbougemeenskap van Mooibank by Potchefstroom se griefskrif waarin hulle kapsie maak oor die regering se plan om 'n informele nedersetting op landbougrond te vestig. Dit is volgens die Mooibank-drukgroep se Curtis Johnson nadat boere, sakelui en inwoners van dié gebied Donderdag aan 'n optog teen dié beplande residensiële ontwikkeling deelgeneem het. Boere, plaaswerkers en ander betrokkenes het met bakkies, trekkers, sleepwaens en vragmotors die stad se strate oorgeneem. Johnson het aan OFM-nuus gesê 'n griefskrif is aan die burgemeester, Kgotso Khumalo, oorhandig. Johnson sê Khumalo was heel ontvanklik, en het betrokkenes geloof vir die vreedsame optog. Khumalo tot 13 Desember om te reageer, maar hy het aangedui dat terugvoer al op 6 Desember verwag kan word. Volgens hom moet alle betrokkenes, soos van die departement grondsake en landbou, amptenare van die munisipaliteit en lede van dié drukgroep, vergader om 'n oplossing te vind.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.