On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Welsyn help NK boere in nood

───   12:23 Thu, 13 Dec 2018

Landbounuus-podcast: Welsyn help NK boere in nood | News Article

Die welsynsorganisasie, Caring Daisies, gaan twintig vragmotors vol broodnodige voer aan boere in die Aberdeen en Strydenburg-distrikte in die Noord-Kaap skenk.


Dié het motoriste en vakansiegangers gewaarsku dat die konvooi vragmotors met voer verkeer op die N1 in die Vrystaat kan beinvloed. Die organisasie gaan met dié skenking aan boere in Aberdeen en Strydenburg deel van sy #MannaVirDieBoere projek afskop. Voormalige Springbok en Cheetah kaptein, Adriaan Strauss, ‘n ondersteuner van die Caring Daisies projek, het aan OFM-nuus gesê groot dele van die land gaan, ten spyte van somerreën, nog steeds onder droogte gebuk. Hy sê die vragte voer gaan na verwagting Vrydag-aand in Bloemfontein aankom.

EN

Agri SA gaan hom volgende toespits op die swak toestand van paaie in landelike gebiede in Suid-Afrika. Dié landbou-organisasie se Sentrum van Uitnemendheid se voorsitter van ekonomie en handel, Nicol Jansen, sê die swak onderhoud en opgradering van paaie en grondpaaie het 'n koste-effek op produksie in geheel. Hy sê daar moet invloed uitgeoefen word op die betrokke staatsdepartemente, om geld wat beskikbaar gestel is vir die instandhouding van paaie oor die land heen, korrek te bestuur. Hy sê it moet meer doeltreffend aangewend word.


OFM News


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.