On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast:Suid-Afrikaanse wolboere sien uit na nog ‘n stewige nuwe seisoen

───   14:08 Tue, 18 Dec 2018

Landbounuus-podcast:Suid-Afrikaanse wolboere sien uit na nog ‘n stewige nuwe seisoen | News Article

Suid-Afrikaanse wolboere sien uit na nog ‘n stewige nuwe seisoen, as veilings vroeg Januarie hervat.


Casper Labuschagne, wolboer van Jamestown, sê die aanbod na Kersfees is baie kleiner vanweë boere in Suid-Afrika en Australië se skeerpatrone. Hy glo om hierdie rede gaan wol van goeie gehalte baie duur raak. OFM Nuus se Cathy Dlodlo berig dat, Hierby het Suid-Afrika ‘n nasionale verkiesing op hande, wat onsekerheid in die mark kan bring, en die Rand kan afdruk, wat tot voordeel van die wolboer is.

Winsgewendheid vir sy lede is heel bo-aan die produsente-organisasie Graan SA se sakelys vir die komende jaar, so sê die uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, in sy Nuwe-jaars-boodskap. Daar is baie kwessies wat aandag nodig het, maar as ons die een oor winsgewendheid mis, is die res van skamele waarde. Elke kilogram per hektaar is nou van kritieke belang, net soos elke rand per ton in koste en prys is, sê Jannie. Hy voeg by dat daar nog geen aanduidings is, dat 2019 ‘n beter jaar as 2018 gaan wees nie, maar dat die uiters moeilike 2018, boere emosioneel gesmee het.

EN


Suid-Afrikaners moet verwag dat die klimaatverskynsel, El Ni?o, heel waarskynlik dwarsdeur ons herfs kan aanhou ontwikkel. Die internasionale konsensus onder voorspellers, is dat dit wel volgens alle huidige aanduidings gelukkig ‘n neutrale of swak een sal wees. Die Internasionale Instituut vir Klimaat en Gemeenskap, sê dat dieper oseaan-temperature in die Stille Oseaan-gebied - wat wetenskaplikes gebruik, om op die stand van El Ni?o of La Ni?a te dui - steeds bo-gemiddeld warm is. OFM-nuus se Cathy Dlodlo berig die meeste atmosferiese aanwysers, bokant die see-oppervlak, dui egter steeds op ‘n neutrale stand.

OFM News/Marleen Smit

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.