Landbounuus-podcast: Koop jou kunsmis eerder vroeër as later in die seisoen
14:14 Wed, 19 Dec 2018
Landbounuus-podcast: Koop jou kunsmis eerder vroeër as later in die seisoen | News Article
Die ondersteuningsnetwerk Vriende van Landbou, wat Vrystaat Landbou gestig het, se jongste projek is een waarmee geld met koffiebone ingesamel word om boere in nood te ondersteun.


Dit sluit byvoorbeeld boere in wat onder veldbrande deurgeloop het.‘n Pakkie hiervan kan ‘n goeie Kersgeskenk wees. Gerhard Kriel, uitvoerende hoof van Vrystaat Landbou, sê Vriende van Landbou het met Africa Fresh Coffee, hande gevat om ‘n unieke projek ten bate van boere bekend te stel. Africa Fresh Coffee is ook ‘n vriend die landbou. Mense wat hierdie koffiebone koop, wys dat hulle Vriende van Landbou ondersteun.

Mikro-organismes diep onder die aard-oppervlak berg 15 tot 23 miljard ton koolstof, honderd keer meer as die koolstof-massa van al die mense wat bo-op die oppervlak woon. Só wys die resultate van ‘n amper dekade-lange internasionale navorsingprojek, wat onlangs deur die Deep Carbon Observatory bekend gemaak is. Dit behels ‘n vennootskap tussen meer as 1000 wetenskaplikes die wêreld oor, wat die hoeveelhede, beweging, vorme en oorsprong van koolstof onder die grond navors. Hulle het onder meer 2,5 kilometer onder die seebed ingeboor, en nog baie meer mikrobis van onder myne en boorgate, meer as 5 kilometer diep versamel, om ‘n beter insig te kry van die eko-stelsel diep onder die aarde. OFM Nuus se Corne Greyvenstein berig - Die uitslag, wys dat daar gemiddeld minstens 7,5 ton koolstof onder elke kubieke kilometer grond-oppervlak is.

EN

Koop jou kunsmis eerder vroeër as later in die seisoen, sê Corné Louw, ekonoom van Graan SA. Hul prys-ontledings het gewys dat kunsmispryse in ‘n jaar uitermatig kan wissel. Die tyd van aankope kan dus ‘n reuse verskil in kostebestuur en wins maak. Graan SA het uit die statistieke van plaaslike kunsmispryse die afgelope vyftien jaar ‘n gemiddelde maandelikse prys bereken, asook ‘n totale jaarlikse gemiddelde prys. Uit hierdie resultate het hulle ‘n kunsmisprys-indeks ontwikkel. Dié indeks gee ‘n goeie aanduiding van wanneer kunsmispryse gewoonlik gemiddeld, en op hul hoogste is.


OFM-nuus/Marleen Smit


Related Articles:

Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more