On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Lewendehawe bedryf moet nou waaksaam wees

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:26 Wed, 20 Nov 2019

Landbounuus-podcast: Lewendehawe bedryf moet nou waaksaam wees | News Article

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling doen 'n ernstige beroep op betrokkenes in die lewendehawe bedryf, wat handel dryf met diere met gesplete hoewe, om uiters waaksaam te wees.


Veilings en diere op skou, asook geleenthede waar verskeie rasse byeengebring word vir spekulatiewe doeleindes, moet streng vermy word. Dit kom nadat die departement aan OFM bevestig het dat dié virussiekte nie meer beperk is tot slegs een kommersiële plaas in die Molemole munisipale gebied nie. Vyf plase word nou geraak. Daarmee saam sê die departement se tegniese woordvoerder, dr. Bothle Modisane, die waarskynlike oorsprong van besmette beeste is 'n veilingskraal in dié gebied. Hy sê die tydelike opskorting van veilings van lewendehawe in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes, is 'n poging deur die departement om dié bedryf in geheel te beskerm.  Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status is deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) tydelik opgeskort nadat dié siekte in Januarie vanjaar in die Vhembe-distrik in Limpopo uitgebreek het. Daar is intussen hard gewerk om handelsverhoudinge met sekere lande soos China te vervat en Suid-Afrikaanse produkte van gesplete hoefdiere stelselmatig weer uit te voer.

Maatreëls is in plek in die Noord-Kaap om 'n toestroming van diere uit Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes te verhoed. Dit kom nadat die nasionale departement veilings in dié provinsies tydelik opgeskort het nadat gevalle van bek-en-klouseer op vyf plase in Limpopo bevestig is. Dié virussiekte onder diere met gesplete hoewe word deur die beweging van die besmette diere versprei en onbeheerde beweging van dié diere kan die virus oor 'n beduidende afstand versprei. Zandisile Luphahla, woordvoerder van die Noord-Kaapse landboudepartement, sê boere word aangeraai om streng biosekuriteitsmaatreëls toe te pas. Geen hoefdiere van elders moet op plase toegelaat word nie tensy die bron bekend is en kliniese inspeksies gedoen is. Hy sê boere word ook aangeraai om 'n veeartsenykundige gesondheidsertifikaat te bekom van die kudde van oorsprong, wat bevestig dat dié kudde geïnspekteer is. Veeartsenykundige amptenare in die Noord-Kaap gaan ook veilings bywoon om kliniese inspeksies te doen.

EN

Daarmee saam het Vrystaat Landbou (VL) en die provinsiale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) die Nasionale Dieregesondheidsforum gevra om die provinsie in sones te verdeel met beheerde kontrolepunte. Dít is in 'n poging om die uitbreking van dieresiektes, veral bek-en-klouseer wat vroeër vandeesmaand in Limpopo bevestig is, te voorkom. Tommie Esterhuyse, vise-president van VL sê daarmee saam kan vervoerpermitte uitgereik word om te verseker dat diere siektevry is. Hy sê die uitreiking daarvan vir diere, wat oor internasionale en provinsiale grense beweeg, gaan strenger afgedwing word.  



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.