On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Moody's se afgradering van Landbank kom op 'n ongeleë tydstip - AFASA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:53 Thu, 23 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Moody's se afgradering van Landbank kom op 'n ongeleë tydstip - AFASA | News Article

Die afgradering van die Landbank tot rommelstatus deur die internasionale kredietgraderingsagentskap, Moody's, kom op 'n ongeleë tydstip, veral met die proses van grondhervorming wat Suid-Afrika nou hanteer.


Dit is volgens die African Farmer's Association of South Africa (AFASA) se voorsitter, Neo Masithela, ná die afgradering van dié staatsbeheerde bank vandeesweek. Masithela sê dit wil voorkom of dié afgradering nog 'n dereguleringsproses vir die privatisering van die landboubedryf is. Hy sê wanneer boere, veral swart boere, geld by die Landbank leen, gaan dit nou teen hoër rentekoerse wees, wat ander kommersiële banke in 'n beter posisie plaas. Volgens hom gaan swart boere en hul ontwikkeling nou erg benadeel word met die Landbank wat tot rommelstatus afgegradeer is.

Agri Noord-Kaap sal volgehoue druk toepas op die onderskeie staatsdepartemente in ‘n poging om enige vorm van droogtehulp van die regering te ontvang. Dié organisasie se president, Nicol Jansen, sê dit is in ‘n poging om regeringsdepartemente aan te moedig om geld te herprioritiseer en gemeenskappe wat gebuk gaan onder die droogte in dié provinsie, te ondersteun. Dit kom nadat die premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, ná 'n lang proses die provinsie as ‘n droogterampgebied verklaar het. Jansen sê daar sal later ook meer duidelikheid wees ná 'n vergadering met die departement van water en sanitasie nadat minister Lindiwe Sisulu vroeër vandeesmaand onderneem het om R300 miljoen vir droogtehulp beskikbaar te stel. Jansen sê Agri Noord-Kaap gaan intussen voort met sy onderskeie droogtehulpprojekte waarvan die "Adopt-'n-Dorp-projek" goed op dreef is. 

EN

Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.