On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA wolmark sak terug maar vaar beter as Aussie-mark

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:18 Fri, 24 Jan 2020

Landbounuus-podcast: SA wolmark sak terug maar vaar beter as Aussie-mark | News Article

Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek op die 16de nasionale wolveiling vir die 2019/20-seisoen in Port Elizabeth, teruggesak teenoor die vorige veiling, maar steeds beter presteer as die Australiese wolmark.


Heindrich Victor, bestuurder van veselbedryf by OVK, sê die sterker rand was 'n bydraende faktor. Volgens hom het die Cape Wools merino-aanwyser met 1,1% en 199 punte laer verhandel en teen 'n skoonprys van R175,44 sent per kg gesluit. Die Australiese EMI het met 2,1% gedaal. Daarmee saam het die rand 0,3% sterker teen die Amerikaanse dollar en 0,9% sterker teenoor die Euro verhandel, ooreenstemmend dieselfde tydperk van die vorige veiling. Victor sê altesaam 11,570 bale is op dié veiling aangebied waarvan 96,5% daarvan verkoop is.

'n Man van Lesotho, wat by Fouriesburg in hegtenis geneem is in verband met die besit van beweerde gesteelde skaapwol ter waarde van R8 miljoen, bly in aanhouding. Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Motantsi Makhele, sê die 37-jarige verdagte is Dinsdag op die R711 in dié gebied aangekeer, nadat intelligensie-gedrewe inligting ontvang is van 'n verdagte vragmotor wat van Lesotho na Suid-Afrika reis. Hy sê die oorsprong van die wol vorm deel van die polisie-ondersoek en die moontlikheid van die inhegtenisneming van meer verdagtes word nie uitgesluit nie.

EN

Die Afrika-ontwikkelingsfonds, ADF, het meer as $680 000 beskikbaar gestel in 'n poging om Zimbabwe se vermoë te verbeter in sy toepassing van rampbestuur. Dit sluit risiko's soos droogtes, vloede en tropiese siklone in. Dié geld vorm deel van die Afrika-ontwikkelingsbank se ramprisiko finansieringsprogram vir die vasteland. Opleiding aan verskeie nasionale agentskappe, wat betrokke is by ramprisikobestuur en finansiëring, asook gebeurlikheidsbeplanning, vorm deel van dié projek. Kleinboere wat gebuk gaan onder uiterste droogte, sal ook by dié projek baat. Die landelike bestuurder van Zimbabwe, Damoni Kitabire, sê ekstreme weerstoestande beïnvloed landbouproduksie in dié land en met ernstige bestaande ekonomiese uitdagings word kwesbare huishoudings geraak, terwyl voedselonsekerheid intree. ADF is die konsessie-uitleenarm van die Afrika-ontwikkelingsbank.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.