On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Stryd teen veediefstal duur voort

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:51 Fri, 24 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Stryd teen veediefstal duur voort | News Article

Die polisie in die Vrystaat, in samewerking met plaaslike boeregemeenskappe, se stryd teen veediefstal duur voort en veediefstal geniet steeds voorrang.


Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die afgelope feesseisoen is sukses op dié gebied behaal. Hy sê landbougemeenskappe speel 'n noodsaaklike rol in die bekamping van misdaad in landelike gebiede. Daar word gereeld met georganiseerde landbou vergader oor landelike veiligheid waar die belang van goeie samewerking telkens benadruk word. Daarom het Baile Motswenyane, die nuwe provinsiale polisiekommissaris, reeds met georganiseerde landboustrukture soos Vrystaat-Landbou vergader, om onder meer kwessies soos veediefstal uit te stryk. Motswenyane het die leisels oorgeneem by die vorige polisiekommissaris, Moeketsi Sempe, wat nou die afdelingskommissaris vir sigbare polisiëring is.

Daarmee saam het die Vrystaatse polisie 'n 37-jarige Lesotho-burger naby Fouriesburg in hegtenis geneem weens die besit van beweerde gesteelde skaapwol ter waarde van sowat R8 miljoen. Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die polisie het Dinsdag inligting ontvang oor 'n verdagte vragmotor wat van Lesotho na Suid-Afrika reis. Die vragmotor is voorgekeer waarna die bestuurder nie die nodige dokumentasie vir die wol aan die polisie kon verskaf nie. Die verdagte bly in aanhouding en sal na verwagting binnekort in die Fouriesburg-landdroshof aansoek om borgtog doen. Makhele sê die oorsprong van die wol vorm deel van die polisie-ondersoek en sal later bekendgemaak word.  

EN

Daar is opnuut hoop dat wolproduksie in Suid-Afrika 'n draaipunt sal bereik, nadat daar tydens die 16de nasionale wolveiling in Port Elizabeth 'n toename was in die volume wol wat aan makelaars verskaf is. Heindrich Victor, bestuurder van veselbedryf by OVK, sê die wol in die pakhuise was 1,5% hoër as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen, wat 'n verbetering is ná 'n afname in plaaslike wolproduksie die afgelope twee seisoene.  Daarom beklemtoon Victor weer die belang van bio-sekuritiet in die lig van die bek-en-klouseer uitbreking in Limpopo en die tydelike nasionale moratorium op die samekoms van spleethoewige vee en die beweging daarvan.  Victor sê daar is in dié stadium geen duidelikheid oor die invloed wat die uitbreking van die Coronavirus in China, wat al 18 lewens geëis het, op die Suid-Afrikaanse wolmark gaan hê nie. Pryse op die mees onlangse plaaslike wolveiling is nie geraak nie. Hy waarsku verder plaaslike produsente verder om voorkomend op te tree teen die karooverlammingsbosluis.  



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.