On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer op 16 eiendomme geïdentifiseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:45 Mon, 27 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer op 16 eiendomme geïdentifiseer  | News Article

Bek-en-klouseer is op altesaam 16 eiendomme in Limpopo geïdentifiseer sedert dié virussiekte láát verlede jaar in die provinsie bevestig is.


Dit kom nadat nóg gevalle op eiendomme aangemeld is. Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se woorvoerder, Reggie Ngcobo, sê egter die siekte het nie na ander provinsies in die land versprei nie. Hy benadruk dat dié nuwe gevalle nie daarop neerkom dat die siekte aktief versprei het nie.  Dit is slegs 'n aanduiding dat pogings om dit te beheer doeltreffend is. Dit behels die identifikasie van positiewe liggings wat besmet geraak het ná die aanvanklike verspreiding van dié siekte vanaf veilings in September en Oktober in Limpopo verlede jaar. 

Ngcobo sê die besmette eiendomme is onder kwarantyn geplaas en vroeë slagtings by aangewese abattoirs asook beperkings ten opsigte van beweging is in plek.  Die verbod op die samekoms van spleethoewige diere van meer as twee eiendomme, vir die verspreinding na nog eiendome, ook twee of meer, is steeds in plek. Dié verbod verhoed steeds konvensionele veilings, asook skoue van diere.  

Die reg van individue moet alvorens die Grondwet teen die mag van die staat beskerm word. Agri SA se hoof van grondsake, Annelize Crosby, sê daarom bevat die Grondwet 'n klousule wat bepaal mense het ten alle tye vrye toegang tot die howe. Dit kom nadat pres. Cyril Ramaphoasa, ná die ANC se lekgotla in Pretoria, bekendgemaak het dié party wil nou hê die uitvoerende gesag en nié die howe moet 'n vergoedingsbedrag bepaal indien grond onteien word. Crosby sê die ANC het klaarblyklik 'n probleem met prosesse, want in Artikel 25 van die Grondwet, wat voorsiening maak vir onteiening van eiendom sonder vergoeding, is dit ook gestel dat indien daar 'n dispuut is oor vergoeding by onteiening, dan is dit die howe wat uiteiendelik moet bepaal wat die vergoedingsbedrag is.

EN

AfriForum sal na verwagting  môre in Pretoria 'n werkbare plan bekendstel om die internasionale samelewing oor die skending van minderhede se regte in Suid-Afrika in te lig. Volgens dié burgerregte-organisasie is dít die grootste plan nóg wat deur hom bekendgestel word om hoofsaaklik buitelandse steun te werf en buitelanders te mobiliseer om by verskeie brandpunte in Suid-Afrika betrokke te raak. Dit sluit in betrokkenheid by kwessies soos grondonteiening sonder vergoeding, plaasmoorde, haatspraak, die romantisering van geweld teen minderhede en diskriminasie in verskeie sfere van die Suid-Afrikaanse samelewing in. Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sal meer besonderhede oor AfriForum se opkomende besoek aan Amerika bekend maak.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.