On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Lits SA: vee-identifikasie en naspeurbaarheidstelsel van SA bekend gestel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:54 Wed, 29 Jan 2020

Landbounuus-podcast: Lits SA: vee-identifikasie en naspeurbaarheidstelsel van SA bekend gestel | News Article

Betrokkenes wat die hele waardeketting in die rooivleisbedryf verteenwoordig, asook die department van landbou, is na verwagting Woensdag byeen om die vee-identifikasie en naspeurbaarheidstelsel van Suid-Afrika, Lits SA, bekend te stel.


Sakkie van Zyl, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, in Noordwes, sê die onderskeie werkgroepe, wat deel is van die Nasionale Rooivleisbedryfsforum (RMIF), woon dié geleentheid by en gaan praat oor die werk wat hulle in dié verband gedoen het. Van Zyl sê sy verwagtinge vir dié geleentheid sluit onder meer in dat daar 'n duidelike raamwerk daargestel word vir 'n volhoubare stelsel wat van toepassing op die plaaslike bedryf is. Benewens die RPO en die nasionale organisasie vir opkomende rooivleisprodusente, Nerpo, is kundiges van Lits SA, die Nasionale Dieregesondheidsforum, en die nasionale voerkraal- en abbattoir-verenigings by die werkgroepe betrokke. Van Zyl sê die tydelike verbod op die samekoms van spleethoewige diere vanaf twee en meer verkopers na twee of meer kopers, wat onder meer kommersiële veeveilings tydelike verbied, is 'n groot frustrasie vir kommersiële sowel as opkomende en kleinboere in dié provinsie.    

Intussen sê dr. Kobus Laubscher, 'n landbou-ekonoom, dit gaan in die stadium sleg in die lewendehawebedryf in terme van biosekuriteit. Die tydelike moratorium op die samekoms van spleethoewige diere vanaf twee of meer bronne, wat daartoe lei dat veilings en die skou van dié diere tydelike verbied word, is slegte nuus wat die rooivleisbedryf nou op sy knieë dwing. Dié moratorium is in plek om die verspreiding van bek-en-klouseer, wat laat verlede jaar in Limpopo uitgebreek het, te voorkom. Hy meen die staat is nie behoorlik gerat om uitbrekings van dié aard behoorlik te isoleer en te bestuur nie. Laubscher hoop met die bekendstelling van die veeidentifikasie en naspeurbaarheidstelsel van Suid-Afrika, Lits SA, kan die regering dié bedryf na 'n aanvaarbare vlak van sekuriteit en veiligheid neem. 

EN

Daarmee saam beklemtoon 'n landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, Frikkie Maré die dringende noodsaaklikheid vir Suid-Afrika om 'n internasionale verpligte geakkrediteerde vee-identifikasie en naspeurbaarheidstelsel in plek te kry.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.